_________________________________________________________________________________
Eindtyd Bulletin
DIE MERKWAARDIGE VERVULLING VAN DIE BYBEL IN ONS TYD
NO. 50 AUGUSTUS 2001
" … aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan."
Jer. 23:20
______________________________________________________________________________________
INHOUD
‘n Joodse Pous?
! Leë stoel ! 6-Stap plan ! Antichris ! Woord in Nuus
‘N JOODSE POUS ?
Kan dit wees? Is dit werklik moontlik dat die volgende Pous ook ‘n Jood kan wees?
Ons is terdeë daarvan bewus dat die huidige Pous se ‘ampstermyn’ byna verstreke is. Sy gesondheid is nie baie goed nie en sy ouderdom is reeds ver gevorderd.
In ‘n lang nuusberig oor die moontlike opvolger vir Pous Johannes Paulus II, het die Internet nuusdiens,
www.smh.com.au/news/, op 7 Augustus 2001 die volgende berig – die opskrif was, ‘The next Jewish pope’:"Intellect and intimacy ... Cardinal Jean-Marie Lustiger.
His mother was burned in the ovens of Auschwitz, yet he converted to Catholicism, rose to the zenith of power in the church, and could become its next leader.
He started life as Aaron Lustiger. Now he is Cardinal Jean-Marie Lustiger, prince of the Catholic Church, confidant of Pope John Paul II.
As the Pope grows more and more frail, Cardinal Lustiger, the Archbishop of Paris, grows more crucial to the leadership of the church.
"When he says Mass at Notre Dame [Cathedral] the place is always crammed and when he walks through the crowd it is a sight to behold," says Professor Colin Nettelbeck, head of the school of languages at Melbourne University, who studied at the Sorbonne while Lustiger was a chaplain there.
As one of the world's most influential and charismatic intellectuals, he is giving lectures in Sydney and Melbourne this week. But if you want to see him speak and don't have a ticket, forget it. Both events sold out long ago [stel jou net voor dat Jesus Christus ook kaartjies verkoop het vir bv. sy bergrede ens.].
… Having seen, first hand, the rise and crash of nazism, communism and Marxism, and now the rise of globalism and consumerism, he takes a long-term view …
"I'm sorry Jesus Christ did not have a good public relations office because maybe he wouldn't have had the bad problem of being crucified," he told the Herald during an interview … [hy reken hy is Christus een stap voor en hy weet nie dat Christus ook vir hom aan die kruis gesterf het nie en dat dit alles deel van God se volmaakte plan was nie].
He sees society drifting toward "new forms of conformism, of unfreedom".
"I think Dr Goebbels [van Hitler faam] would be happy with some of the advertisers of today. He would think, 'If I'd had this agency I might still be in power'."
He sees the huge and failed social experiment of Marxism being replaced by something that is similar - the rise of powerful wealthy elites that control an increasingly unequal and unreflective society.
"This will be the weakness of democracy. …
Although serving as Archbishop of Paris and leader of the college of cardinals, he has the gift of intimacy. …
Born in Paris in 1926, the son of Polish Jewish migrants, Aaron Lustiger celebrated his 13th birthday as war broke out. His father placed him in the care of a Catholic family and although he never sought to sever his Jewish roots (he remains a great supporter of Israel), in 1940, aged 14, he converted to Catholicism. Sixty years later, he remains one of the church's staunchest defenders.
He has become a living bridge over the river of bad blood, mischief and mistrust that has divided the relationship between Catholicism and Judaism for 2,000 years.
Elie Wiesel, winner of the Nobel Peace Prize … has written that when he thinks about the career of Jean-Marie Lustiger he thinks about the history of transgressions against Jews: …
Could this man be the first Jewish pope in almost two millennia? He certainly sits in the first rank of the crimson aristocracy.
… he has been received like royalty since he arrived [on tour in Australia] … His schedule includes visits with current and former governors-general, premiers, religious leaders and business titans. Dick Pratt, the billionaire member of the Jewish community, put on a big bash for him in Melbourne. …
The Catholic Church has never expended much energy on environmentalism, but Lustiger has converted to this, too.
"The Bible talks about man's power to subdue nature. But now we know we can destroy it. The problem seems very new. …"
(klem bygevoeg).
Lustiger is ‘n baie interessante man. Sy oorspronklike naam was Aaron. Dit laat ‘n mens dink aan die Bybelse Aaron wat destyds ook die hoëpriester van Israel was. Gaan hierdie Aaron dalk weer die hoëpriester van die Jode word. Hulle het nou dringend ‘n groot vredemaker in die Midde-Ooste nodig – dalk is Lustiger net die man !
Sy van, Lustiger, het ook ‘n besondere betekenis. Dit beteken ‘Seat of lust’.
Onwillekeurig dink ‘n mens nou aan 2 Thess. 2:4 waar ons lees: "die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is."
Dit is egter nie al nie. ‘n Paar jaar gelede reeds het iemand vir my nog merkwaardige inligting oor die man gestuur. Sy van, nl. Lustiger werk numeries uit op ‘n somtotaal van presies 666. Dit is volgens die standaard okkultiese stelsel van numerologie. In hierdie stelsel is A=6; B=12; C=18; D=24 ens. Op. 13:18 noem duidelik dat hy wat verstand het die getal van die dier sal kan bereken en dat die getal juis 666 sal wees. Die meeste van ons is redelik sterk oortuig dat die dier of dan die Antichris eerder ‘n politieke leier sal wees, maar moenie verbaas wees as dit dalk so effens anders sal wees nie. Die hoofleier van die Vatikaan is verseker nie net ‘n godsdienstige leier nie, nee, hy is ook ‘n politieke leier in eie reg. Die konings van die aarde buig ook geredelik voor hom.
Uit die aard van die saak sê ek nie dat die man verseker die Antichris sal wees nie, want die moontlikheid dat hy eerder die valse profeet van Op. 13 kan wees, bestaan natuurlik ook. Dit bly egter verbasend insiggewend om hierna te kyk. Leef ons nie in verstommende tye nie?
As ons die huidige situasie in die Midde-Ooste ook in berekening bring, lyk iemand soos Lustiger baie na aan die 'wonderman’ waarvoor gewag word ! Talle ortodokse Joodse rabbis en vele ander Jode wag juis in hierdie dae vir hulle ‘Messias’. Daar is nou selfs ‘n groep in Israel wat nuus hieroor versprei onder die naam ‘Messiah Watch International’.
____________________________________
EUROPESE PARLEMENT SE LEë STOEL
Die feit dat daar grootskaalse ontwikkelings in Europa aan die gang is wat die profetiese Woord telkens oor en oor bevestig, kan lankal nie meer ontken word nie.
Die bekende Dr. Ian Paisley van Noord Ierland het ‘n baie interessante artikel op sy Internet webwerf wat vir ons die hele Europese prentjie net nog duideliker uitlig.
Hy is die leraar en prediker van die Martyrs Memorial Free Presbyterian Church in Belfast, Noord Ierland. Hy is ook die hoof van die European Institute for Protestant Studies.
Verder is hy ook ‘n lid van die Britse parlement en dan insiggewend genoeg ook ‘n lid van die Europese Parlement.
Met die verkiesing van die 5de Europese Parlement in 1999 het hy ‘n verbasende ding opgemerk met die eerste sitting in Julie daardie jaar in die Franse stad Strasbourg. Hy skryf soos volg:
"The … Fifth Parliament of Europe met on Tuesday, 20th July, 1999, in its new glass building which cost the taxpayers of Europe an as yet uncalculated sum of billions of Pounds. The first meeting, due to begin at 10.00 a.m., did not start until 10.30 because the amplification system, which cost millions of Pounds, was defective. No doubt more defects in this Crystal Palace will be manifested in the days to come.
Incidentally, the Members of the European Parliament had no say whatsoever in where the building was to be located, what its design was to be, what amount of money was to be spent on it, or how it was to be furnished. The French Government forced it both upon Members of Parliament and upon the Governments of European Union countries, Germany and the United Kingdom being made to foot the exorbitant bill. These two countries are Europe's pay slaves.
The prophetic significance of the European Union has been revealed as the saga unfolds.
First, the sign which it chose as its symbol was the Woman riding the Beast.
This comes from a prophecy in Revelation 17. The depiction of the harlot woman was reproduced on the centenary stamp of the European Union, in a huge painting in the Parliament's new building in Brussels, and by a huge sculpture outside the new E.U. Council of Ministers Office in Brussels. The new European coinage, the Euro, bears the same insignia. The Tower of Babel has been used on the posters emanating from Europe – a truly suggestive prophetic sign.
Now, a massive Crystal Palace tower (officially called the Tower Building) houses the Fifth Parliament of Europe.
It is certainly a building of the Space Age. The seats of its massive hemicycle are designed like the crew seats in the Star Trek space machines.
There are 679 of them – but wait for it! While these seats are allocated to Members, one seat remains unallocated and unoccupied. The number of that seat is 666.
The relevant section of the seating-plan provided to each Member reads as follows:
655 Couteaux
656 Fitzsimons
657 Hyland
658 Kuntz
659 De La Perrière
660 Marchiani
661 Montfort
662 Quiero
663 Souchet
664 Thomas-Mauro
665 Zissener
666 -------
667 Cappato
668 Turco
669 Bonino
670 Pannella
671 Dupuis
672 Della Vedova
673 Dell'Alba
674 Gorostiaga Atxalandabaso
675 Gobbo
676 Speroni
677 Bossi
678 Formentini
679 Crowley
… The Antichrist's seat will be occupied. The world awaits his full and final development. The Lord will destroy him by the spirit of His mouth (the Word of God) and by the brightness of His coming (2 Thes. 2:8).
The coming of the Lord draweth nigh."
(European Institute for Protestant Studies, 22 Julie 1999, Internet:
www.ianpaisley.org).Dit is seker vergesog om te dink dat daardie plek dalk vir mnr. Lustiger gebêre word!
Of is dit?
____________________________________
DIE 6-STAP PLAN
VIR VERANDERING
Daar bestaan al vir baie lank ‘n besonder suksesvolle plan om die gedagtes en houdings van die massas te verander en te vernuwe. Dit is nou om hulle houding jeens verskillende skokkende nuwe sake op ‘n geleidelike en onopsigtelike wyse te manipuleer. Dit werk soos volg en jy behoort dit dadelik te erken, want dit gebeur ten minste een maal per week ook in Suid-Afrika:
Stap 1
Een of ander (aanvanklik) skokkende en offensiewe saak word vir die heel eerste keer in die openbaar (gewoonlik oor die radio, TV of in die koerante) bespreek. Dit word egter (aanvanklik) aangevoer deur een of ander gerespekteerde ‘kundige’ op sy of haar gebied (baie keer ook ‘n teoloog). Hierdie persoon sal dan die skokkende ding kwytraak waaroor niemand nog in die openbaar durf waag het om oor te praat nie. Soms word hierdie ‘kundige’ bygestaan deur ‘n paneel van ander ‘kundiges’ – wat dalk selfs een of meer uit die buiteland kan insluit. Of hierdie persoon betaal word om die skokkende uitlating te maak en of hy/sy bloot net van die aandag hou is nie altyd so seker nie. Die kans dat beide van toepassing kan wees, is uiters groot.
Hou gerus die media dop en jy sal vind dat hierdie proses hom oor en oor herhaal - veral in die nuwe Suid-Afrika waar ons maar onlangs die ‘nuwe verligte era’ binnegegaan het. Internasionaal is goeie voorbeelde hiervan die tydskrifte Time magazine en Newsweek wat altyd een of ander skokkende voorbladopskrif het. In Suid-Afrika is daar bv. Insig (weinig daarvan), De Kat, Finesse en ander soortgelyke tydskrifte en nuusblaaie wat as meningsverskuiwers optree. Die individue of ‘kundiges’ wat gewoonlik die aanvanklike uitlatings maak tree dan op as sg. 'change agents’ of agente van verandering. Dit is baie moontlik dat hierdie persone aangemoedig word om hierdie aankondigings te doen, omdat dit kwansuis sou meehelp om ons land in die ‘regte’ rigting te stuur (hulle glo werklik dat hulle die mensdom ‘n reuse guns bewys). Nadat hulle ego’s gestreel en hulle akademiese kwalifikasies hoog aangeprys is, is hierdie saak nou deeglik op die tafel geplaas.
Voorbeelde van sulke kwessies wat al in die laaste paar jaar aangeraak is, sluit in aborsies, homoseksualiteit, dobbel (loterye), genadedood, prostitusie, dagga gebruik, intergeloofsake (‘almal aanbid dieselfde god’), heksery, ‘Big Brother’ ens.
Stap 2
Die oorgrote meerderheid van die publiek of van die teikengroep op wie dit toegespits was, is baie geskok oor wat deur die ‘kundige’ gesê is. Die meeste is selfs baie kwaad daaroor.
Stap 3
Nou verander dinge so ietwat. Net die feit dat so iets in die openbaar aangeraak is, word nou die onderwerp van die voortgesette gesprek – meer so as die inhoud van die uitlating. In hierdie tyd sal die ‘kundige’ ook ‘toegee’ dat sy of haar uitspraak dalk misverstaan is of dat die koerante hulle verkeerdelik aangehaal het ens. Dit is egter reeds te laat.
Stap 4
Tydens hierdie fase word gevind dat die blote herhaling van die aanvanklik skokkende onderwerp onder bespreking, nou tot gevolg het dat die massas so gewoond raak daaraan dat die vreemdheid daarvan gou begin afwater. As jy koerant lees, sal die briewekolom jou gou die hele verhaal vertel.
Stap 5
Die mense is nou nie meer geskok deur die onderwerp nie.
Stap 6
Die meeste mense het nou heeltemal afgekoel en hulle begin ‘n nuwe gesprek, nl. oor hoe om die aanvanklik skokkende saak op ‘n matige en verdraagsame manier te hanteer en verder selfs begin daar nou ‘n gesprek oor hoe om die eens ondenkbare voorstel op die ‘beste’ manier te implimenteer (missie geslaag !)
Intussen het die media, onder aansporing van ( ) reeds begin met die die volgende saak wat presies dieselfde paadjie sal loop.
Gou is die aandag afgetrek van die vorige ‘kwessie’ en al die aandag word nou op die nuwe ‘belangrike’ saak gefokus.
So gaan dit elke dag in Suid-Afrika en in elke land van hierdie wêreld.
Op hierdie wyse sal die Antichris met ope arms verwelkom word, sy merk met groot bravade aanvaar word en die ware Christus uiteindelik deur die meeste totaal verwerp word !
________________________________________
DIE ANTICHRIS
As ons na die briewe van die apostel Johannes gaan kyk, sal ons daar vir die eerste keer die woord Antichris in die Bybel vind. In 1 Joh. 2:18 lees ons: "KINDERS, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is." Hier word duidelik ‘n onderskeid gemaak tussen die ware Antichris en ander antichriste of dan tipes van die finale een. In die tyd wat Johannes hierdie briewe geskryf het en ook voor daardie tyd het verskeie Romeinse keisers soos Nero en Domitianus geregeer. Hulle was duidelike tipes van die finale Antichris wat nog moet kom. Onder hulle heerskappy is die ware kinders van God swaar vervolg en ook doodgemaak. Hy noem hulle "antichriste" en maak terselfdertyd melding dat dit "die laaste uur" is. Net soos wat dit vir elke weergeborene wat in die regering van die finale Antichris op aarde sal leef, die laaste uur sal wees (hulle gaan hulle lewens verloor - Op. 13:15; 14:13), so was dit ook vir baie Christene in daardie tyd letterlik die laaste uur. Die era onder die destydse Romeinse Ryk is dan ook verder sterk tipologies van die regeringstydperk van die herleefde Romeinse Ryk, wat vlak voor die wederkoms van Jesus Christus ‘n aanvang sal neem. Uit hierdie ryk sal die ware en finale Antichris dan ook tevoorskyn kom. Dit is die herhaling van ‘n siklus, net veel groter in omvang.
In 1 Joh. 2:22,23 lees ons die volgende: "Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie." Al die godsdienste en ‘Christelike’ sektes ontken dat Jesus die Christus is. Die Moslems het bv. ‘n kreet waarin hulle sê: ‘God had no son, God had no son.’ Hulle glo wel in ‘n Jesus (net ‘n profeet), maar nie dat Jesus die Christus (die gekruisigde en opgestane Here) is nie. Die Jehowa Getuies ontken dat Jesus terselfdertyd ook God is. Hulle loën dus die Seun en daarom ook die Vader. Die Roomse Kerk verkondig dat Jesus alleen nie genoeg gedoen het aan die kruis nie, daarom moet hulle lidmate ook tot Maria bid en goeie werke doen om gered te word. Hulle aanbid wel ‘n Jesus in die vorm van ‘n ronde koekie (die son), tydens hulle mis, maar dit het totaal niks te doen met die lewende God nie. Hulle Jesus is beslis nie die Christus nie. Verder is die Pous self die ‘plaasvervanger’ van Christus (Vicar of Christ) op aarde. Die Jesus van die Bybel is totaal anders. Hy is self God en het eenmaal ‘n volkome verlossing vir alle mense aan die kruis bewerk. Die 1 biljoen Rooms-Katolieke in die wêreld loën dus die Seun en daarom ook die Vader. Die Joodse godsdiens is nog ‘n klassieke voorbeeld van ‘n antichristelike godsdiens. Hulle loën die Seun deurdat hulle ontken dat Hy al reeds geleef, gesterf en opgestaan het. Om hierdie rede hoor die Vader in die hemel ook nie hulle gebede nie. Dit is alles tevergeefs.
Ek verkies om ‘n ware wandel met Christus nie as ‘n godsdiens te klassifiseer nie, maar eerder as ‘n lewenswyse. Dit is godsdiens wat die wêreld gebring het waar dit vandag is - in ‘n klaaglike, verrotte toestand. Dit is hoekom daar so baie ateïste in die wêreld is. Hulle haat alle vorme van godsdiens. Volgens hulle het godsdiens misluk in die strewe om van die wêreld ‘n beter plek te maak - en dit het ook. Om die Here te ken en te dien is ‘n heel ander saak. Die Antichris gaan verder verseker ook die Vader en die Seun loën, want hy gaan homself as God voordoen, soos ons reeds in 2 Thess. 2 gesien het. Al die godsdienste van hierdie wêreld gaan die Antichris verwelkom, want hy gaan presies wees wat hulle nog altyd wou gehad het - ‘n politieke verlosser wat hier op aarde vir hulle ‘vrede’ en ‘versoening’ sal bring. Die persoon van die Antichris self gaan die verpersoonliking wees van al hierdie godsdienste tesame. Hy gaan dit saamvat of laat saamkom in een hoofgodsdiens - wêreldwye en openlike Satanaanbidding (Op. 13:3b,4).
In 1 Joh. 4:3 lees ons die volgende wat by bostaande aansluit: "en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld." Die ‘New Age’ beweging verkondig die koms van ‘n kosmiese Christus. Eintlik glo hulle dat elke mens op aarde reeds Christus in homself het. Hierdie Christus het nooit in die vlees gekom nie. Dit is nie Jesus Christus van die Bybel nie. Hy (die ware Christus) was en is God wat die luisterryke hemel verlaat het, Homself verneder het tot die gestalte van ‘n mens (‘n dienskneg) en wreed aan ‘n kruis kom sterf het om die mensdom te red van hulle verlore toestand voor God. Hy het verseker in die vlees gekom.
Die ‘New Age’ se Jesus verkondig dat alle mense God is. Dit is presies die teenoorgestelde van vernedering en wat die Woord ons leer. Die gees wat hierdie leuens aan die wêreld verkondig is dus nie uit God nie. Daar is dus vandag ‘n gees in die wêreld wat die pad voorberei vir die Antichris. Dit is "die gees van die Antichris." Hierdie gees is ook al baie jare in die wêreld. Daar is verder ook vandag baie ‘Christelike’ kerke wat geen klem lê op die evangelie van Jesus Christus nie. Hulle verkondig dus ook nie dat Jesus in die vlees gekom het nie. Nee, hulle verkondig veel eerder ‘n ander evangelie. Een waar die ‘Heilige Gees’ voorop is. Alles draai by hulle oor die doping met die ‘Gees’ en die daaropvolgende manifestasies. Van ware sondebesef en berou is daar byna geen sprake nie. Die bloedevangelie van Christus is hier ‘n vreemde onderwerp. Dit is ook die gees van die Antichris, want hier kan mense nie gered word nie. Wat sal hulle doen as die Antichris self op die toneel verskyn? Sal hulle kan onderskei?
In die tweede brief van Johannes lees ons meer hieroor. In vers 7 sien ons: "Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris." Hier sê die Woord vir ons duidelik dat die Antichris spesifiek die verpersoonliking sal wees van hierdie valse leer. Hy sal die uiterste verleier wees en hy sal die persoon wees wat in die vlees gaan kom as die langverwagte een wat die groot ‘vrede’ op aarde sal kom bewerk. Hy sal sekerlik self ontken dat daar ‘n Jesus Christus voor hom op aarde geleef het. In die eerste helfte van sy sewejarige regering sal hy dan met ‘oplossings’ vir die wêreld se probleme tevoorskyn kom soos wat niemand nog voor hom kon doen nie (Dit is nou almal behalwe die ware Christus, maar hoeveel gee op Hom ag). Hierdie tyd van valse vrede sal egter rampspoedig eindig na drie en ‘n half jaar - as hierdie man se ware karakter uiteindelik na vore sal kom.
In die laaste deel van die Antichris se regering sal hy homself as God voordoen en dan sal baie omkom wat hom nie as sodanig wil aanbid nie (2 Thess. 2:4). Vandag is daar ook baie wat glo dat hulle een of ander god is en hierdie neiging word by die massas ingeskerp op verskeie maniere - veral deur die massa media.
Ons beweeg nou na die boek Openbaring. In die 5de hoofstuk, in vers 9, lees ons die lied van die bloedgewaste kinders van God in die hemel. Hulle sing die Lam wat geslag is, is "waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak". Ja, die weergeborenes is dan reeds in die hemel - vergader rondom die troon van God. In Op. 6 word die eerste ses seëls dan oopgemaak en met die oopmaak van die eerste seël, lees ons hierdie woorde: "En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin." Baie mense (ook teoloë) glo vas dat hierdie op Jesus Christus dui. Dit is egter ‘n verdraaide siening. Iemand wat in die Bybelse tyd met ‘n wit perd verskyn het, het gewoonlik gekom met ‘n vredesboodskap - om vrede te bring. Hierdie persoon kom ook so, maar hy het ‘n boog. Hy gaan ook koning word, maar dit word aan hom gegee. Wie is hierdie man wat gaan kom om te oorwin? Gaan hy slaag in sy doel? Dit wat volg in die daaropvolgende verse is alles behalwe vrede. Hierdie man op die wit perd moet verseker die Antichris wees. In Op. 19:11 sien ons dat die ware Jesus Christus ook met ‘n wit perd sal kom. Hy kom uit ‘n geopende hemel en sy leërs volg Hom. Hy kom om die Armageddon-oorlog te kom beëindig, maar Hy kom ook om vrede te bring - ware vrede. Sy duisendjarige vrederyk op aarde voordat die nuwe Jerusalem uit die hemel sal neerdaal (Op. 20:1-6). Die Satan weet dat hierdie gebeurtenis gaan plaasvind. Daarom beplan hy ‘n namaaksel daarvan en wel sewejaar voor die tyd. Hy glo natuurlik nog steeds dat hy die oorwinning kan behaal en hy gaan ‘n groot aanslag loods deur sy man - die Antichris ! Soos reeds gesê is, hierdie man gaan die ware Christus namaak. Dit is dan ook baie interessant om te let op die betekenis van die woord Antichris. ‘Anti’ kan teen beteken, maar ook nog iets anders. Hierdie voorvoegsel kan ook in die plek van of substituut vir beteken. Die Antichris gaan vir ‘n baie kort tydjie valslik die plek van die ware Christus in baie mense se lewens beklee (dit geld natuurlik net vir hulle wat die ware Een nooit geken het nie). Dit sal ook hulle eie skuld wees as hulle nie die leuen van die waarheid kan onderskei nie, want God het ons lank voor die tyd reeds teen die misleiding gewaarsku. Ja, baie ongeredde kerkmense gaan die openbaarmaking van die Antichris met die wederkoms van Christus verwar en sal dit nie tragies wees nie. Die grootste deel van die Joodse volk gaan hiervoor val. Baie Moslems gaan ook, want hulle verwag ook die terugkeer van ‘n ‘profeet Jesus.’
Dit is verder God self wat aan die Antichris sy kroon gaan gee. God gaan in hierdie tyd nog net so in beheer van alles wees as op enige ander tydstip in die geskiedenis van die wêreld. Die Woord leer ons egter dat dit God is wat konings aanstel en onttroon. In hierdie geval gaan Hy die mense wat Hom verwerp het swaar straf vir hulle goddeloosheid. Die Antichris gaan dus eintlik ‘n instrument in die hand van God wees. Hierin sien ons die barmhartigheid van God net weer. God kon, as Hy wou, die finale oordeel van verlore sondaars dadelik afgehandel het. Hy verkies egter om die aardbewoners nog sewejaar kans te gee om hulle tot Hom te bekeer. Hy laat hulle geweldig ly en stuur iemand soos die Antichris om hulle geloof tot die uiterste te beproef. Die Bybel leer ons in Op. 7 dat baie dan ook juis in die groot verdrukking gered sal word - te midde van baie swaar omstandighede. Baie mense moet eers voel voordat hulle sal hoor. Was dit nie maar nog altyd die geval nie? Dink aan die volk Israel. Hoe lank het hulle nie geneem voordat hulle uiteindelik die beloofde land binnegetrek het nie.
In Op. 13 vind ons ‘n meer gedetaileerde beskrywing van die regering van die Antichris op aarde. Ons lees in vers 1 die volgende: "En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering." Dit kom sterk voor asof hierdie hoofdier dui op die Verenigde Nasies (die ‘Toring van Babel’ van ons dag). Die verenigde Europa kan ook nie daarvan losgemaak word nie. Al die lande wat deel is van die Europese Unie is dan ook deel van die Verenigde Nasies. Hierdie dier kom juis voort uit die see van nasies. Die sewe koppe kan moontlik gedeeltelik dui op die G-7 (Groep 7) lande en hulle presidente of leiers. Dit is juis hierdie lande, die sewe grootste en mees invloedrykstes op aarde, wat skynbaar die wêreld beheer. Hulle is ook almal lede van die Verenigde Nasies. Dit kan ten minste ‘n gedeeltelike vervulling van hierdie profesie wees, omdat daar duidelik veelvuldige vervullings van Bybelse profesieë is. Die tien horings sal dan waarskynlik tien individuele persone wees verkose deur die sewe koppe (lande). In Dan. 7:24 en Op. 17:12 sien ons dat die tien horings op tien konings dui. Die boek Daniël sê dat die Antichris van tussen die tien horings uit te voorskyn sal kom en die boek Openbaring sê uit een van die sewe koppe, soos ons nou sal sien.
Op. 13:3 lees soos volg: "En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan."
Die elfde horing van die boek Daniël verskyn op een van die sewe koppe van die boek Openbaring. Daar is hoegenaamd geen teenstrydigheid nie. Die vier diere van Dan. 7 het saam sewe koppe, want een van hulle (die luiperd) het alleen vier koppe. Ek glo dus dat die Antichris uit een van die Europese nasies (herleefde Romeinse Ryk) te voorskyn sal kom. Die Verenigde Nasies sal hier ook ‘n kardinale rol speel. Interessant is dat die VN se embleem ‘n lourierkrans daarrondom vertoon - ‘n stukkie simboliek uit die ou Romeinse ryk? Moontlik sal die Antichris juis uit een van die Europese lande opstaan wat lid is van die G-7 groep. Dit is maar net bespiegeling. Ons lees dat een van hierdie sewe koppe dodelik gewond was, maar weer genees is. Dit wil voorkom asof hierdie leiersfiguur werklik of vir die skyn dood was en weer lewend gemaak is. Jesus Christus was ook vir drie dae in die graf, maar Hy het opgestaan uit die dood. Is hierdie dalk nog ‘n deel van die namaaksel? Hoeveel mense op aarde gaan hierdeur meegesleur word? Gaan dit dalk ‘n ‘bewys’ wees dat hierdie man van ‘Goddelike’ oorprong is? Die Woord sê ook ondubbelsinnig dat die hele wêreld agter hierdie dier sal aangaan. God sê dit sal so wees. Niemand gaan dit voorkom of verhoed nie.
Die klassieke uitleg van hierdie Skrifgedeelte is natuurlik dat die sewe koppe dui op sewe ryke dwarsdeur die eeue en millennia heen. So was daar die ou Babiloniese ryk (toring van Babel); die Egiptiese ryk; die Assiriese ryk; die neo-Babiloniese ryk (Nebukadnesar); die Medo-Persiese ryk; die Griekse ryk en die Romeinse ryk. Die laaste kop of ryk wat dodelik gewond was en weer genees is, dui dan op die Romeinse ryk wat weer sal herleef. Hoe dit ook al sy, al hierdie interpretasies is aanvullend tot mekaar en is nie noodwendig weersprekend nie.
In Op. 13:4 gaan die apostel Johannes voort met die verduideliking van wat hy gesien het: "En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?" In Op. 12:9 sien ons dat die draak dui op die Satan. Wat ‘n tyd sal dit nie op aarde wees nie - openlike Satanaanbidding. Diegene wat glo dat die Kerk deur die groot verdrukking sal gaan, moet hieraan noodgedwonge ‘n ander betekenis gee. Hulle vergeestelik gewoonlik hierdie gedeeltes sodat dit nie so letterlik opgeneem moet word nie. Ons lees juis in Matt. 16:18, "op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie." Die Kerk sal nie hier wees om hierdie geweldige tyd te beleef nie. God sê ook in sy Woord dat hy ons nie bo ons kragte sal versoek nie. God gaan nie vir sy ware kinders die krag van die dwaling stuur nie, maar vir hulle wat volhardend geweier het om op sy roepstem ag te gee. Hulle sal die duiwel aanbid in hierdie tyd. Hier word dit ook weer baie duidelik wie die Antichris se vader is. Die een in wie se krag hy sy regeringstyd sal deurloop.
Ons sal sien dat die gedeelte in Op. 13 grootliks ooreenstem met Dan. 11. In Op.13:5,6 lees ons: "En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen. En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon te laster." Die 42 maande stem ooreen met die tyd, tye en ‘n halwe tyd van Dan. 7:25. Dit is presies drie en ‘n half jaar - die laaste helfte van sy sewejarige heerskappy. Interessant dat hy ook laster teen hulle wat in die hemel woon. Dit moet die Kerk insluit. In Op. 4 en 5 sien ons die bruidsgemeente van Christus juis in die hemel. Daar sal egter ook heiliges op aarde wees in die groot verdrukking - hulle wat dan tot bekering sal kom. Hulle is egter nie deel van die Kerk nie. Die bedeling van die Kerk het dan reeds ten einde gekom. Hierdie heiliges val in ‘n ander kategorie, in ‘n ander dispensasie. Op. 13:7,8 vertel ons meer hiervan: "Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid," Hier sien ons die wese van die komende nuwe wêreldorde. Die Antichris gaan werklik mag uitoefen oor almal op die ganse aarde. Hy gaan ‘n diktator wees, sonder weerga. Almal gaan hom aanbid. Die Woord sê almal wie se name nie in die boek van die lewe geskryf is nie. Hy gaan ook die heiliges oorwin, sê die Bybel - die heiliges van daardie bedeling. In vers 9 kan ons sien dat die Kerk of gemeente van Christus nie dan meer op aarde sal wees nie. Ons lees daar net hierdie woorde: "As iemand ‘n oor het, laat hom hoor." Hier verskil die oproep van die Here van die oproepe wat in Op. 2 en 3 gemaak is. Daar lees ons: "Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê." Hierdie sewe gemeentes is verteenwoordigend van die hele Kerkdispensasie van 2000 jaar. Op. 4:1 dui vir ons die einde van hierdie dispensasie aan. In die groot verdrukking is die gemeentes (die ware gereddes) dan in die hemel. Ons gaan nie die Antichris ten prooi val nie. Die ware Kerk is juis die teëhouer dat die Antichris nie geopenbaar kon word nie, maar hier is hy nou geopenbaar en besig met dit waarmee God hom vir ‘n kort tyd gaan toelaat.
Laastens kyk ons ook na vers 10 van Op. 13. Hier kan ons sien dat die Antichris en sy volgelinge, mense (ook die heiliges) gevange gaan neem en hulle gaan doodmaak: "As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges." Ons kan duidelik sien dat die heiliges hulle lewens gaan verloor. Diegene wat glo dat Luk. 21:36 daarop wys dat die Christene die oordele in hierdie tyd op aarde gaan ontvlug (m.a.w. terwyl hulle op aarde is die swaard hier op aarde gaan vryspring), se teorieë stort hier in duie. Ons gaan alles ontvlug as ons waak en bid - ontvlug na die hemel. In hierdie tyd sal daar sekerlik konsentrasiekampe wees. God is egter regverdig en hulle wat ander so vervolg het, sal ewige krygsgevangenes word in die afgryslike poel van vuur.
Die Antichris se einde is dan ook nie anders nie. In Op. 19:19,20 lees ons: "En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet ... Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swael brand." As Nero of iemand anders dan die Antichris was, sal ek graag wil weet wanneer hulle toe in die poel van vuur gewerp is. Hierdie gebeurtenis vind plaas met die sigbare verskyning van Jesus Christus, met sy wederkoms - reg aan die einde van die groot verdrukking. Hy sal dan ware vrede bring soos wat hierdie wêreld nog nooit gesien en beleef het nie.
____________________________________
WOORD IN NUUS
CHINA'S BOOM SPREADS HIV TO ITS HEARTLANDS
The Times, 12 Augustus 2001
"China is facing an Aids epidemic that has led to the infection of 80 per cent of the population in some areas. I followed the route that brings the virus from the heroin fields on the border with Burma to the heartland, a 1,000-mile journey in which I saw HIV tearing into industrial centers and remote villages.
Under the headline ‘Specialists visit Aids-stricken village,’ the China Daily this week made the first official mention of the towns where infection rates are higher than any in Africa.
The state-owned newspaper reported that ‘the deadly virus has ravaged an impoverished nook of China’ as a ‘result of illegal blood donations and handling’. The Government has long insisted that China had few Aids cases and little need for public health campaigns.
Indeed, officials intimidated local doctors who tried to publicize the epidemic and arrested journalists who interviewed them.
Now the Government appears to be admitting Aids’ existence and recognizes that it has devastated the heartland province of Henan and left a whole generation of young Chinese orphaned. ‘The parents die and the children are left to fend for themselves,’ a local woman said…"
UN PLANS TO USE LATEST TECHNOLOGY TO COUNT THE WORLD'S PEOPLE
Reuters, 11 Augustus 2001
"Singapore takes its census by putting questionnaires on the Internet. Mauritania uses global positioning equipment to keep track of enumerators tracing nomads across a vast desert. And Ireland postponed its count this year for fear of spreading foot and mouth disease. In an effort to help statisticians from some 55 countries, representing three-quarters of the world's population, the United Nations this week examined global census taking, which began in 1995 and ends in 2005. The pitfalls and guidelines are to be applied in the next round of how to count world's more than 6 billion people, which begins in 2005.
Technology is increasingly being used in developing nations, albeit not on the level of Singapore, according to participants in a four-day seminar, which ends on Friday. ‘No one knows in 10 years what the technology will be,’ Hermann Habermann, the American director of the U.N. statistics division told a Wednesday news conference. ‘What we are looking at here are the kinds of strategies you put in place so whatever happens in the technological industry, we should be prepared,’ he said…"
- Hoekom wil die VN die hele wêreld se mense tel? Wil hulle elkeen beheer ook?
CHINA READY FOR WAR GAMES OFF TAIWAN
UPI, 11 Augustus 2001
"China has finished preparations for what it says will be its largest ever-military exercises just off Taiwan, a Hong Kong newspaper reported Friday.
The daily cited a military briefing, which said all roads in Fuzhou, capital of Fujian province, which faces Taiwan, and all roads leading south to the Dongshan islands have been closed to civilian traffic.
The paper quoted Chinese military officials as saying the drill would simulate how the People's Liberation Army would ‘smash at any time any plots by Taiwan independent separatists.’
China has repeatedly threatened the use of force to reunite Taiwan with the mainland and in recent months bolstered its forces along the Taiwan Straits and increased its military budget significantly.
The report didn't say when the games would begin, but military units in the three coastal provinces of Zhejiang, Fujian and Guangdong have been preparing for the drill since April…"
- Oorloë sal daar wees en wel tot die einde toe.
IRAN PURSUES MILITARY AIRCRAFT PROGRAMS
Middle East Newsline, 11 Augustus 2001
"Iran is advancing three programs meant to achieve production of Iran's first indigenous military jet.
Iranian officials said the Defense Ministry has achieved production of spare parts for aircraft. They said the production would be expanded to entire platforms.
So far, the officials said, Iran has three programs meant to design and assemble an indigenous fighter jet. They said several Eastern and Western models of aircraft are being examined to integrate the best capabilities for such a platform. Iran is developing two fighter aircraft, the Azarakhsh and the Owaz. The military is also developing two trainers.
Industry sources said Iran has encountered difficulties in these programs. They said Teheran does not have sufficient expertise, infrastructure or technology to complete an aircraft…"
OMAN, AND CHINA DISCUS MILITARY COOPERATION
Middle East Newsline, 9 Augustus 2001
"China and Oman are exploring the prospect of military cooperation. Gulf sources said the effort is part of Beijing's efforts to increase military and defense ties with Gulf Cooperation Council states. They said Beijing has offered to sell weapons and engage in joint projects with all six members of the Gulf alliance. So far, China supplies both Kuwait and Saudi Arabia with weaponry and training."
- Daar gaan ‘n dag kom dat China (die mag uit die Ooste) op groot skaal met Midde-Oosterse lande sal saamwerk.
Sien Dan. 11:44 en Op. 16:12.
'MODERATE' SAUDIS NOW TALKING WAR
WorldNetDaily, 7 Augustus 2001
"A top Saudi Arabian official says ‘moderate’ Arab states Egypt and Saudi Arabia should not rule out war with Israel. In a signed article in the London daily Al-Hayat and translated today by the Middle East Media Research Institute, Ghazi Al-Quseibi, the Saudi ambassador to the United Kingdom, says Arab states need to overcome their fear of a war with technologically superior Israel – a war, he says, whose result is not inevitable if the Jewish state is forced to fight on two fronts. While many Arab states – including Iraq, Yemen, Sudan and Syria – have called for war with Israel since the outbreak of the Arab uprising led by the Palestinian Authority, this article is the first hint of a shift in thinking by the wealthy oil state with close ties to the West…"
U.S. EXAMINES OPTIONS TO STRIKE IRAQ
Middle East Newsline, 6 Augustus 2001
"The Bush administration is examining options to reduce the escalating capability of Iraq's military. Officials said the White House and Pentagon agree that President Saddam Hussein's military must come under heavy U.S. attack. But they said the administration has still not concluded on targets and goals.
The dilemma for the administration, the officials said, stems from the February attack on Iraqi anti-aircraft command centers around Baghdad. The centers were developed by China, which laid fiber-optic cables underground to link radar with anti-aircraft batteries.
Several weeks after the February attack, the officials said, the Saddam regime managed to repair and reoperate the sites. Since then, Iraq has steadily improved its air defense capability. ‘We've tackled some of their fiber-optic cable,’ Defense Secretary Donald Rumsfeld said in a briefing on Friday. ‘The problem is when you do that, it gets re-laid. And the question is, so if you're going to do something, one question is what's its value and for how long does it last, the effect of what you've done? And one tends to want to do things that will have somewhat more lasting effects.’ Rumsfeld acknowledged that Washington must respond to Saddam's recent threats against U.S. and British warplanes as well as his neighbors in the Persian Gulf region. At the same time, the defense secretary said Saddam has been successful in persuading much of the international community that United Nations sanctions are harming Iraqis…"
- Irak (Babel van ouds) gaan nog finaal woes gelaat word. Die Skrif noem dit in o.a. (Jer. 51:64).
ARAFAT CALLS FOR KILLING OF ‘SETTLERS’
Independent Media Review Analysis, 11 Julie 2001.
""Kill as many settlers as you can,' said Yasser Arafat ... [he] instructed his men 'kill a settler every day, don't pay attention to everything I say in the media ... Woe to you if you let them reach their homes safely or travel safely on the roads,' said Arafat. Along with this, Arafat instructed his forces not to open fire from Area A that is under his exclusive control and not to initiate attacks within the territory of Israel. 'I want you to kill as many settlers as possible.' He said."
- Hierdie het ons al voorheen gehoor.
RULE OF ALLAH ?
Middle East Media Research Institute
"We welcome the Jews to live as dhimmis, but the rule in this land and in all the Muslim countries must be the rule of Allah ..."
(Sermon on PA TV, 6 Julie 2001).
"... We Must Educate our Children on the Love of Jihad..."
(A Friday Sermon on PA TV, 10 Julie 2001).
Jihad is die Moslems se sg. ‘heilige oorlog’.
‘FROM THE RIVER TO THE SEA’
Middle East Media Research Institute, 2 Julie 2001
""We distinguish the strategic, long-term goals from the political phased goals, which we are compelled to temporarily accept due to international pressure. If you are asking me …what are the Palestinian borders according to the higher strategy, I will immediately reply: ´from the river to the sea.´ Palestine in its entirety is an Arab land, the land of the Arab nation, a land no one can sell or buy, and it is impossible to remain silent while someone is stealing it, even if this requires time and even [if it means paying] a high price."
- God het in sy Woord beloof dat Israel van die rivier tot die see sal regeer, maar iemand anders doen hom ook as God voor !
BELGIUM SETS UP ELITE GROUP TO PLAN FUTURE OF EUROPE
EU Observer, 22 Junie 2001
"Belgian Prime Minister Guy Verhofstadt set up an elite top level group to advise him on the Declaration on the future of the European Union, to be presented at the Laeken Summit in December, reports Le Soir.
He invited former European Commission President Jacques Delors, former Belgian Prime Minister Jean-Luc Dehaene, former Polish Foreign Affairs Minister Bronislaw Geremek and former Prime Minister of Italy, Giuliano Amato to sit together and reflect on the direction the European Union should take.
This private cabinet of the Presidency of the European Union is set to brainstorm on the future of the European Union and to provide the Belgian Prime Minister with ambitious ideas for the Laeken Declaration, crucial for the organisation of the debate on the future of Europe, which is to lead to a treaty review in 2004. The ‘Group of Laeken’ will gather for the first time next Tuesday 26 June in Brussels, to fix the agenda for the months to come. According to Le Soir, other leading European personalities might join the elite group of the ‘Group of Laeken’.
- Daar is baie planne in Europa om daardie kontinent die sterkste in die wêreld te maak en dit gaan ook gebeur – die Bybel het dit vooruit voorspel.
JEWS MEET IN SPAIN TO DEBATE EUROPEAN RENEWAL
Jerusalem Post, 1 Junie 2001
European Jewish leaders met yesterday in a land that expelled their ancestors and began exploring ways of reviving their culture and religion after centuries of persecution on the continent. Some 700 people from 44 countries attended the three-day conference of the European Council of Jewish Communities, focused on renewing Judaism in the countries of the former Soviet bloc and making European Jewry as vibrant as in Israel and the United States.
Participants complained that Holocaust restitution and other global issues affecting Jews are often spearheaded by the Israeli and American leaderships. "It's almost as if the European Jewish community is the poor relative," said council Vice President Diana Lazarus. Lazarus said Judaism in Europe is faced with an opportunity for a renaissance with millions of Jews in Eastern European who became free to practice their faith freely after the fall of communism.
However, she added, both observant and nonobservant Jews must unite to provide them with help in setting up synagogues and community services.
The highlight of the conference will be a trip Friday to Toledo, once a center of a Golden Age of Jewish learning and harmony between Jews, Christians and Muslims. Participants will hold a session of their conference in Toledo's church of the Santa Maria La Blanca [Rooms-Katoliek], which used to be a synagogue before the Inquisition and the expulsion of Jews from Spain in 1492. As Lazarus prepared for an audience with King Juan Carlos, she recalled that one of her ancestors was a respected scholar and adviser to Juan Carlos' 15th-century predecessors, King Ferdinand and Queen Isabella - that is, until he was forced to flee to England. "The past is being put behind us," Lazarus said, her eyes teary and her voice choked with emotion. "I feel there is a full circle here."
- Interessant hoedat hierdie Jode in ‘n Katolieke kerk byeengekom het en met koning Juan Carlos van Spanje onderhandel het. Hy is self ‘n Rooms-Katoliek en een van sy titels is ook ‘King of Jerusalem.’ Hy is ook maar ‘n tipe van die Antichris en hierdie Jode gaan weer ‘n keer wreed ontnugter word in die groot verdrukking wat nader as ooit is.
____________________________________
Die standaard Afrikaanse vertaling (1933/1953) en die Engelse King James Bybel word gebruik. Ek wil jou aanmoedig om net hierdie vertalings te gebruik. Bestudeer asseblief alle teksverwysings biddend en moet niks as vanselfsprekend aanvaar nie.
Eindtyd Bulletin
Subskripsie:R40 vir 8 uitgawes of R20 vir 4 uitgawes
BOEK IS BESKIKBAAR
TYD VAN DIE EINDE
is ‘n boek met meer as 400 bladsye en handel oor die verstommende wyse waarop die Bybel tans in vervulling gaan.Die boek kan bestel word teen R90 per kopie plus R20 posgeld - dus @ R110 elk.
Die bedrag kan ook in die rekening gedeponeer word.
Eindtyd Bulletin
Posbus 13395
Noordstad
Bloemfontein
9305
(Geskryf en saamgestel deur
D.J. ERASMUS).